
=====================================================================
In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:8)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen

IN Afrikaans Vandag van Oktober 1999 het 'n artikel verskyn oor 'n gedugte tweemanskap wat die Bybel vir die Boesmans in Namibi in hul eie 
Gobabis-Kung vertaal en op band vasl. Een van hulle het heengegaan.

Ds. Flip van der Westhuizen (60) is op 9 Januarie in Windhoek oorlede nadat hy Nuwejaarsdag op Walvisbaai siek geword het aan hepatitis A. 
Ds. Flip het enkele weke voor sy dood sy lewenstaak voltooi: die vertaling en verklanking van die hele Bybel in Gobabis-Kung. Op 16 
Desember het hy en sy vertaalmaat, die Boesman-plaaswerker Sisawa Abuse, die laaste bandjie in 'n sinkskuurtjie op die plaas Hennopsrus 
buite Gobabis gemaak. Die hele projek het 21 jaar van hulle twee se lewens in beslag geneem.

Ds. Flip het sendingwerk onder die Boesmans gedoen, maar hy het ook as mens baie na aan hulle gekom. Hy het waardering vir hul vaardighede 
en vir hulle as 'n nasie gehad. Sy dood laat hier 'n byna onvulbare leemte.

Mev. Adriana van der Westhuizen vertel dat haar man ook 'n Gobabis-Kung-woordeboek geskryf het. "Die woordeboek het hy gedurende die Bybel-
projek op rekenaar saamgestel. Dit bevat al die Gobabis-Kung woorde in die Bybel. Ek hoop dat iemand werk sal kan maak van 'n publikasie."

Ds. Flip was 33 jaar sendingpredikant van die Gereformeerde Kerk in Namibi en was nog nie afgetree nie. Annatjie Louw

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av728.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

